Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Broodpoeding..(2)
    Foto en Resep: Malinda Nortje
    Daar is net een woord om hierdie broodpoeding te beskryf en dit is-alleheerlik.

    Bestanddele:
    3 Sny witbrood, ek 3cm dik gesny
    200g (1k) suiker
    1 Litter (4k) melk
    125gm botter of margarien
    3 eiers
    5ml vanieljegeursel
    2ml (1t) sout

    Metode:
    Verhit die oond tot 160°C en smeer die oondvaste bak met n volume 1,5 litter (6k).
    Sny die korsies van die snye witbrood dun af.
    Sny die snye in blokkies en plass dit in die bak.
    Strooi 50g (4e) van die suiker oor.
    Verhit die melk tot louwarm saam met 30ml (4e) van die botter of margarien.
    Klits twee van die eiers, die vanieljegeursel en sout saam en meng dit met die melkmengsel.
    Giet dit oor die broodblokkies en laat dit n rukkie staan en week.
    Bak die poeding 1½ uur lank of gestol.
    Klits die oorblywende botter of margarien, suiker, eiers saam.
    Versprei dit versigtig met n vurk oor die gaar poeding.
    Plaas die poeding terug in die oond en bak dit verder tot dat die bolaag verbruin.
    Laat die poeding n rukkie afkoel.
    Sit die louwarem voor..