
Broodpoeding.
Getoets en Foto:Joseph Dearham
Bestandele:
6 snye witbrood
3 eiers
2 koppiesmelk
1/2 koppie rosyntjies
4 eetlepels suiker
1 teelepel vanilla essence
1/2 teelepel kaneel
1/4 teelepel neutmuskaat
Metode:
Smeer broodsnye met botter en appelkooskonfyt en sny in blokkies.
In oondbak wat met (spray and cook) gespuit is voeg die brood blokkies.
Meng alles saam behalwe vir rosyne en gooi oor brood in oondbak en laat staan vir 30 minute sodat die brood van dit kan absorber.
Meng nou die rosyne in
Bak teen 180 grade vir 45 minute
Ek het vla oorgegooi