
Bone-Mielieslaai
Foto en Resep: Ina De Lange Smit
Bestanddele:
1 slaaikop,in blare gebreek
2 blikke (410g elk) botterbone gedreineer
1-2 blikke (410 g elk) pitmielies gedreineer
Suurlemoen Sous:
Sap van 1 suurlemoen
3 ml mosterdpoeier
90 ml olie
10 ml suiker
Sout en varsgemaalde swartpepper
Metode:
Rankskik die slaaiblare op n slaaibord.
Meng die botterbone en pitmielies.
Meng al die bestanddele vir die sous en giet oor botterbone en pitmielies.
Skep op die slaaiblare en versier met respies suurlemoenskil.
Genoeg vir 4 mense..