Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Blindevinke..
    Getoets en Foto: Malinda Nortje

    As jy die skeppie vulsel eers in n stukkie vars spinasieblaar toevou en die pakkie dan in die vleis toerol, kook die vulsel nie uit wanneer die blindevinke gaarmaak word nie..
    Die blindevinke ka nook in n oondvaste kasserol ( met deksel op) ongeveer 2 uur lank by 150ºC in die oond gestowe wort tot heerlik sag.

    Vulsel:
    125g spekvleis
    1 uitjie
    1 eier
    70g (1k) vars witbrood krummels
    5ml (1t) gemengde kruie

    Rolletjies:
    1kg binneboud of kruisskyf, in 1,5cm dik skywe gesny en elke skyf minstens 8cm x 10cm groot.
    Sout en peper
    Koekmeelblom
    Sonneblomolie vir vlak braai
    375ml ( 1½k) biefaftreksel
    30ml (2e) bruinsouspoeier

    Metode:
    Snipper die spekvleis fyn.
    Skil die uitjie en kap dit fyn.
    Klits die eier.
    Meng die spekvleis, uitjie, eier, witbrood krummels en gemengde kruie en verdeel dit in net soveel porsies as wat daar vleiskywe is.
    Sout en peper die vleiskywe en rol n porsie vulsel in elke skyf toe.
    Bind die rolletjies met n tou vas.
    Rol die blindevinke in koekmeel.
    Verhit n klein bietjie sonneblomolie in n swaarboompot en braai n paar blindevinke op n keer alkante daarin tot mooi bruin.
    Plaas die gebraaide blindevinke terug in die pot en voeg die biefaftreksel by.
    Sit die deksel op en prut dit 1½ uur lank stadig tot sag.
    Skep die blindevinke n warem opdien bak uit.
    Maak die souspoeier met n bietjie water aan en verdik die sous in die pot daarmee (voeg kookwater by indien dit te dik is.)
    Giet die sous oor die blindevinke en sit dit warem voor.