
Biltong, Kaas en Marmite Muffins
Getoets en Foto: Michelle Phol
Bestanddele:
150g Biltong, fyn gesny
3 Eetlepels gesmelte botter
2 Koppies meel
2 Teelepel Bakpoeier
2 Eetlepels Suiker
Knippie sout
2 Eiers
1 Koppies Melk
1 Koppies Ceddar Kaas (gerasper)
3 Eetlepels Marmite
Handvol fyn gekapte gras uie
Metode:
Voor verhit die oond tot 190 grade en smeer jou muffin panne.
Meng die gesmelte botter en gras uie saam en laat staan eenkant om af te koel.
In a mengbak, meng die meel, bakpoeier, suiker en sout saam.
In ‘n aparte bak meng eiers, melk en marmite saam (klits saam).
Gooi nou die botter en gras uie mengsel asook die gerasperde kaas en fyn gekerfde biltong.
Meng goed saam.
Gooi nou die meel mengsel by die eier mengsel an vou goed in.
Vul die muffin koppies 2/3 vol en bak tot goud bruin. So om en by 20 min.
Koel af en bedien.
Ek het so 15 min gebak