Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Biltong en Kaasbrood
    Getoets en Foto: Springbok Kombuis

    Betandele:
    500g bruismeel
    1 blikkie bier
    250ml fyn biltong
    300 g gerasperde Cheddarkaas
    1 ui, bruingebraaide
     

    Metode:
    Meng die meel en bier goed.
    Voeg helfte van kaas, fyn biltong en gebraaide ui by en meng goed saam.
    Smeer 'n groterige platboom ysterpot goed met die olie, die binnekant van die deksel ook.
    Plaas die deeg in die gesmeerde pot, en sit eenkant om te rys.
    Wanneer deeg helfte groter gerys het, bedek met die res van die kaas
    Sit die pot op 'n paar kole by jou braaivleis vuur, en pak ook 'n paar kooltjies op die deksel.
    Bak vir 'n uur, maar kyk gereeld of die kooltjies nog hou. Pasop vir te veel kole.

    Kan ook in oond gebak word teen 180 grade celcius vir +- 1 uur of tot bruin.