
Biefskywe oor Kole
Getoets en Foto:Malinda Nortje
Die uitjie in die marinade kan deur uie lowwe of uiegras vervang word. Die biefskywe moet minstens 2cm dik gesny wees.
Marinade:
1 Uitjie
250ml (1k) Droe rooi wyn
250ml (1k) Sonneblomolie
30ml (2e) Suurlemoensap
15ml (1e) Fyn gerasperde suurlemoenskil
5ml (1t) Mosterdpoeie
2ml (½t) Gedroogte tiemie
2ml (½t) Knoffelhuisies of gekneusde konffelhuisies
Braaivleis:
4-6 dik skywe beesvleis wat vir braai geskik is
Sout en Peper
Metode:
Skil die uitjie en kap fyn.
Meng dit met die res van die marinade mengsel.
Plaas die skywe beesvleis langs mekaar in die skottel en giet marinade oor..
Marineer die vleis ongeveer 3 uur lank in die koelkas en draai dit een of tweekeer om.
Plaas die braaivleisrooster hoog bokant warem rooster die vleis ongeveer n minuut lank vinnig elke kant.
Doop in die marinade en rooster weer ongeveer n minuut lank aan elke kant.
Hou so aan totdat die vleis na smaak gaar is.
Sout en peper die vleis en sit dadelik voor...