Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Beesvleis Bredie   
    450g maer stowe vleis (kruisskyf)
    25g meelblom
    1/4 teelepel sout
    swart peper
    3 eetlepels olie
    2 uie, fyngekap
    2 konffelhuisies, fyngekap
    100g sampioene, in skywe gesny
    1 eetlepel tomatie purée
    2 groot wortels, in skywe gesny
    100g groen bone, gekerf
    2 aartappels, in skywe gesny
    600ml bees aftreksel
    1 eetlepel mielieblom (Maizena)


        * Sny enige vet van die vleis af en sny dit in klein blokkies. Krui met sout en peper. Gooi die vleis in die meelblom. Verhit 2 eetlepels olie in 'n groot oondskottel. Voeg die vleis in sarsies by en braai sodat dit geseël is aan alle kante.
        * Verhit die oorblywende olie in 'n braaipan. Voeg die uie by en braai liggies vir 3 - 4 minute. Roer die knoffel by en braai vir 'n verdere 2 minute.
        * Voeg die uie, knoffel, sampioene, tomatie purée, wortels, groen bone, aartappels en bees aftreksel by die vleis. Bring dit tot kookpunt. Verminder die hitte en sit die deksel op. Prut vir 11/4 uur, of totdat die vleis sag is.
        * Meng die mielieblom met 1 teelepel water. Roer by die bredie in en kook vir 1 minuut. Voeg kruie/smaakmiddels by en bedien.
    VARIASIE:
    Indien verkies, gebruik die selfde hoeveelheid vark boudvleis of skouervleis in plaas van die kruisskyf. Vervang die groen bone met gevriesde ertjies.