Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Beesskenkels en Groente Sop

    Bron en foto: Marianne Jacoby

     

    Bestandele
    500 g rooi gespikkeide suikerbone (625 ml)
    25 ml olie
    1 ui, gekap
    1 kg beesskenkels
    500 ml beesvleisaftreksel
    4 wortels, gerasper
    2 preie, in ringetjies gesny
    3 rape, gerasper
    3 selderystingels, gekap
    100 ml vars pletersielie, gekap (1/2 bossie)
    sout en peper na smaak
    405 g tamatieroomsop (1 blik)
    Instruksies
    Verwyder die stokkies en dowwe pitte uit die bone, was dit en week dit oornag in koue water.
    Verhit die olie in `n swaarboomkastrol en braai die ui en vleis tot bruin.
    Voeg die bone, weekvloeistof en aftreksel by en kook dit 3 uur. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
    Skep die vleis uit voordat dit te sag kook en van die bene loskom. Sny dit in blokkies en hou dit eenkant.
    Voeg die groente en pietersielie by en kook die sop totdat al die groente sag is.
    Skep van die groente uit en versap dit, of druk dit deur `n sif. (Die hoeveelheid groente wat versap of fyn gedruk word, sal bepaal hoe dik die sop uiteindelik sal wees.)
    Voeg die fyn groente en vleisblokkies, wat eenkant gehou is, by die res van die sop.
    Voeg sout en peper by.
    Laat kook die sop goed deur en roer dit om voordat dit opgeskep word.