
Bees Lasagne
Getoets en Foto : Wilna Nissen
Bestanddele:
250g pakkie pasta lasagna plaajies
½ koppie vars geraspte mozzarella kaas
½ koppie vars geraspte cheddarkaas
½ koppie verdikte room
¼ koppie vars gerasperde parmesaan kaas
Kaassous:
60g botter of margarien
1/3 koppie gewone meel
2 koppies melk
1 koppie vars geraspte cheddarkaas
Sout en peper na smaak
Vleisous:
1 eetlepel olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngemaak
500g beesvleis
2 x 425g blikkies tamaties
¼ koppie rooiwyn
½ teelepel fyn oregano
½ teelepel basilkruid
Sout en peper na smaak
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Borsel 'n oondvaste bak met gesmelte botter of olie, pak uit met lasagnaplate.
Breek hulle om enige leemtes te vul.
Om kaassous te maak, smelt botter in 'n medium pan.
Voeg meel by en sit vir een minuut.
Verwyder van hitte. Voeg geleidelik melk by, roer tot mengsel glad is. Keer terug na hitte. Kook, roer voortdurend oor medium hitte tot sous kook en verdik. Verminder hitte, prut vir drie minute.
Verwyder van die stoof, voeg kaas, sout en peper by.
Roer goed tot glad en sit eenkant.
Om vleissous te maak, verhit olie in 'n groot pan.
Voeg ui en knoffel by en roer oor lae hitte tot uie sag is.
Voeg maalvleis by.
Verbruin goed breek met 'n vurk terwyl dit kook. Roer by vleis die gesnyde tamaties, wyn, oregano, basilkruid, sout en peper.
Bring tot kook.
Verminder hitte, prut 20 minute.
Skep een derde van die vleissous oor lasagne velle.
Top met 'n derde van die kaassous. Rangskik 'n laag lasagnavelle op.
Gaan voort om proses te herhaal, Eindig met lasagne velle. Strooi bo op gekombineerde mozzarella en cheddarkaas.
Giet room oor die bokant. Strooi parmesaan.
Bak vir 35-40 minute of tot goudbruin.