
Baileys Sjokolade Poeding..
Getoets en Foto: Joseph Dearham
Bestanddele:
2 kop meel
1 teel sout
½ kop Baileys Ierse room
2 kop suiker
2 eiers
¾ kop kakao
1 teelepel vanilla
2 teelepel bakpoeier
1 kop olie
Metode:
Gebruik n groterige oond vaste bak..spuit hom sit oond aan op 148°C..
Sit meel suiker kakao sout en bakpoeier in mengbak..
Voeg by eiers melk olie en 2 eetlepels Bailey room vanilla en meng goed gooi in voorbereide bak en bak 45 minute.
As toetspen skoonuit kom is dit gaar...
Maak klein gaatjies oral in die koekgedeelte om die sous te absorbeer..
Gooi sous oor koek nadat uit die oond kom en dan yskas toe.
Plaas in yskas oornag ...
Sous:
2 kop room
½halwe teelepel vanilla
½ kop sjokolade chips
¾ kop suiker
1kop kookwater
2 eetlepels Ierse room
1 blik kondensemelk...
Metode:
Kilts die room tot styf voeg die ander bestandele stadig by, meng plaas in mikrogolf vir 2 minute roer plaas weer vir 2 minute..
Herhaal tot sjokolade gesmelt is en mengsel kook.
Gooi sous oor koek nadat uit die oond kom en dan yskas toe.
Dit is baie ryk en soet.
Geniet…