
Appelrosies
Getoets en Foto: Len Nissan
Bestanddele:
2 appels
Sap van ‘n halwe suurlemoen
2 eeltl bruin suiker
2 eetl botter….gesmelt
1 teelepel kaneel
¼ teelepel nutmeg
1 vel pof deeg
koekmeel vir uitrol
3 eetlepels appelkooskonfyt
klein bietjie versiersuiker vir versiering.
Metode:
Voorverhit ‘n oond na 180C
Smeer ‘n standaard Muffin pan.
Sny appels in twee en verwyder pitte
met ‘n baie skerp mes, sny appels in skyfies va 2mm dik. MOET BAIE DUN WEES Plaas plat oppervlak op snyplank en sny van die skil af na die kern toe. Moet nie skil verwyder nie.
Meng dadelik met suurlemoensap om te verhoed die appel skyfies word bruin.
Meng ook gesmelte botter en bruinsuiker en kaneel in
Mikrogolf die appels tot sag en buigsaam. Dit moet nie breek as dit gebuig word nie.
Rol pofdeeg uit tot 3 mm dik en sny in repe van 50mm by 180 mm
Smeer ‘n streep applekoos konfyt op elke strook.
Pak appelskyfies op boonste rand van strook sodat helfte van elke appelskyfie op die deeg le en helfte oorsteek
Appelskyfies moet mekaar halfpad oorvleul.
Vou die onderste deel van die deeg op om die appelskyfies halfpad te bedek
druk op die punte om toe te seel en ook op die deeg om die appelskyfies in plek te hou
Begin op een punt en rol die deeg op met die appelskyfies wat uitsteek om ‘n roos te vorm
Plaas elke roos in ‘n muffinpan holte met deeg na onder en appels wat bo uitsteek…..sien foto
Met twee appels kan ses rose gevorm word.
Bak vir 40 minute of tot goudbruin gaar
‘n stukkie aluminium foelie kan vir die laaste 10 minute oor die appels geplaas word om te verhoed hulle brand swart.
Kaneelsuiker kan dan oorgestrooi word en versiersuiker vir versiering.
Bedien warm