Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Appelkooskonfyt
    Getoets en Foto: Michelle Pohl

    (sowat 2 liter - Ek het so 7 bottels konfyt gekry uit die kooksel)

     

    Bestandele:

    2 kg appelkose
    2 kg suiker
    500 ml water

     

    Metode:

    Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol.

    Bring tot kookpunt oor medium-hitte terwyl jy roer – die suiker moet gesmelt wees vóór die mengsel begin kook.

    Draai die hitte af wanneer dit begin kook.

    Staan heeltyd by die kastrol om die skuim wat bo-op dryf, af te skep. Moenie bekommerd wees as jy van die vloeistof saam met die skuim uitskep nie.

    Dié konfyt kook vir presies 30 minute.

    Toets dit daarná (sien hieronder) en gooi die warm konfyt in gesteriliseerde bottels.

     

    Hoe toets ek my konfyt?
    Plaas ’n piering vir 15 minute in die yskas.

    Gooi ’n klein bietjie warm konfyt daarin.

    Laat staan vir 5 minute.

    Stoot die konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg.