
Appelkoos Yskastert.
Getoets en Foto: Hester Boshoff
Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies fyn gekap
30ml botter gesmelt
Vulsel:
60ml suurlemoensap
1 x 385g blikkie kondensmelk
1 x 250g houer gewone gladde maaskaas
250ml room styf geklop
15ml gelatien opgelos in n halwe koppie kookwater
Bolaag:
1 x 410g blikkie ingemaakte appelkoos helftes
1 x 80g pakkie perskejellie
Metode:
Kors: 1. Meng die koekiekrummels en botter in n gesmeerde 27cm-tertbord. Hou in Yskas.
Vulsel: 2. Roer die suurlemoen in die kondensmelk, voeg maaskaas by en vou die room by, meng goed.
3. Smelt die gelatien vir 30 sek.-op die ontvries stelling in die mikrogolf.
4. Roer die gesmelde gelatien by die room mengsel in en skep in die kors.
5. Laat stol vir sowat 1 uur in yskas.
Bolaag: 6. Maak intussen die jellie aan met 1 koppie kookwater en voeg die sap van appelkose by.
7. Sodra die tert gestol het, pak die appelkose bo-op met die ronde kant na bo.
8. Skep van die jellie mengsel oor die appelkose – soveel as wat die tertbord kan neem.
9. Laat verder stol..
Geniet dit is heerlik!!!