Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Appel-en-aartapel-skotel..
    Foto en Resep: Malinda Nortje
    Voeg gaar fyn gesnyde spek-vleis of ham by die skottel om in n voedsame hoofgereg vir n ligte middag of aandete te verander. Al wat dan nog kort is n lekker mengelsaai.

    Bestanddele:
    40g (3e) botter of margarien
    5 middelsag-granny smith appels
    5 middelslag-aartapels
    2 middelslag-uie
    2ml (½t) sout
    Kippie peper
    100g (1k) grof gerasperde cheddaarkaas
    300ml (1¼k) melk
    2 eiers

    Metode:
    Verhit die oond tot 180°C en smeer n vlak, oondvaste bak met n inhoudsmaat van 2 liter (8k) met die helfde van die botter of margarien.
    Sny die appels in kwarte, skil dit en sny die strokies uit.
    Sny die kwarte dunnerige skyfies.
    Plaas die appels in n bak met flou suurlemoen water sodat die nie verbruin nie.
    Skil die aartapels en uie en sny in plat skyfies.
    Plaas die helfde van die aartapels en uie skyfies in die bak.
    Sout en peper dit liggies.
    Dreineer die appel skyfies en plaas die helfde op die uie skyfies.
    Strooi die helfde van die cheddaarkaas oor.
    Herhaal die lae.
    Klits die melk en eiers saam en giet bo-oor.
    Stip die gereg met die res van die botter of margarien en bedek bak met aluiminium foelie.
    Bak die gereg 1½ uur lank.
    Haal af die aluiminium foelie en bak dit n verdure halfuur tot goudbruin bo-op.
    Sit die gereg warm voor.