Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Anys Beskuit
    Getoets en Foto: Michelle Pholl

    Bestandele:
    2.5 kg koekmeel
    15 ml sout
    3 x 10 g pakkies kitsgis
    250 ml anys saad - jy kan minder gebruik
    250 g gesmelte botter
    1 x 397 g blik kondensmelk
    louwarm water

    Metode:
    Meng die koekmeel, sout, gis en anys.
    Meng botter / kondens melk saam en voeg by droe bestanddele.
    Gooi louwarm water bietjies - bietjies by terwyl jy begin knie tot ’n sagte deeg te vorm, knie maar goed, vir minstens 10 min aaneen.
    Sit in 'n skottel en trek oor met swartsak, sit op warm plekkie, nie direk in die son nie.... en bedek die skottel met ligte doek.
    Wanneer daai deeg tot dubbel gerys het, knie dit af .
    Maak klein balletjies , pak dit in gesmeerde broodpan.
    Maak nou die pan weer toe, laat goed uitrys.

    Voorverhit die oond tot 200 ° C.

    Bak vir 10 minute teen 200 ° C
    Draai af tot 180 ° C en bak vir 35 minute
    Laat bietjie afkoek voor jy uitkeer.
    Baie lekker net so of droog dit uit in ’n lou oond.