Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    AARTAPPEL BROOD

    Getoets en Foto: Elbe Brits

     

    Bestanddele:

    4 koppies koekmeel
    2 teelepels sout
    2 teelepels suiker
    1x 10g pakkie kitsgis
    60g botter
    ½ koppie suurroom
    ½ koppie melk, verhit tot louwarm
    1 ½ koppie fyngemaakte, gaar aartappel
    1 eier
    ½ koppie gekapte grasuie

    Metode:

    Voorverhit die oond tot 190ºC grade.

    Smeer broodpan.
    Meng die meel, sout, suiker en kitsgis.
    Verhit die botter en roer die suurroom en melk by. Voeg die aartappel, eier en grasuie by en meng tot glad. Dit moet louwarm wees.
    Voeg die aartappelmengsel by die droë bestanddele, meng en knie goed tot die deeg glad is en nie meer aan jou hande vssit nie.

    Bedek en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
    Knie af en sit in broodpan.

    Bedek liggies met plastiek en laat rys tot dubbel die volume.
    Bak die brood 30-40 minute.